Gunstelinge Melly’s & Spurs Val (Berig)

DIE gunsteling-spanne Melchester Rovers en Beacon Spurs van onderskeilik Hanover Park en Mitchell’s Plain kon albei soos hul loyale ondersteuners nie glo dat hulle `n tamaai klap in Sondag se halfeindstryde Safa Cape Town se mees prestigeryke Coca-Cola Cup op Erica Park in Belhar gekry het.

Die bogenoemde elftalle het frustreerend fans met hartseer huistoe gestuur toe Two For Joy Melly’s met 5-1 streepsuiker gegee het en Young Pirates vir Beacon Spurs met 3-2 uitgeboender het.

Dit meen die cup final gaan soort van `n “derby” wees wanneer Two For Joy en Young Pirates mekaar op Saterdag, 8 Oktober in die Athlone-stadion aandurf.

Young Pirates van die Heideveld LFA het nog verlede seisoen saam met Two for Joy van die Strand in die Helderberg LFA in `n titaniese stryd gewikkel om die Premierskap se liga-titel en Two For Joy het daai uitdaging gewen deur Pirates in die play-off te klop.

Young Pirates wat nou sy sokker in Heideveld speel se eienaar, Ricardo Daniels is van die Strand en die klubspan se spelers kom ook tans uit die gemeenskappe van die Strand en Heideveld.

So Two For Joy en Young Pirates ken mekaar goed en boonop is die twee sokker-eienaars (Lwandile Solontsi van Joy For Joy) ook nogal boesem vriende.

Nietemin was die snelheid en vaart van die Strand-elftal, Two For Joy een te veel en Melchelster Rovers se verdedigers, Courtney Keyster en Ganief Karriem onderandere het onderdruk geswyg.

Hoewel Melly’s se doelwagter Joshua von Meyer sy span vir die 30 minute met prag keerwerk in die prentjie gehou het – het sy verdedigers in duie gestort toe sy opponent soos `n sneltrein met vloeiende sokker en aanvalle uit alle rigtinge die Hanover Park elftal getref en binne tien minute met die eerste in die 34ste minuut vier doele voor rustyd (4-0) aangeteken.

Hoewel Melly’s ommiddellik sekondes na hervatting deur Nazier Benjamin met `n goeie opvolg doel teruggeslaan het na hy eers die dwarslaat getref het was die stryd alreeds oor aangesien Two For Joy nooit toegelaat het dat Melly’s terugkom of die wedstryd oorheers nie.

Vir die rekord het Sikhumbule Sontshantsha, Bulelani Vokozela, Lwandile Mfihlo, Bismark Ampofo en Sipnosethu Bokwana die doele vir die wenspan ingeryg.

Intussen was die hoogtepunt van die ander halfeindstryd tussen Young Pirates en Beacon Spurs Lindsay Royston se prag driekuns.

Die Pirates-span het rustyd met 2-1 voorgeloop en die stryd het vir vuurwerke en groot opwinding te sorg.

Royston het sy hat-trick in die 71ste minuut voltooi om sy span `n voorsprong van 3-1 te besorg.

Beacon Spurs se doele is deur Teswell Louw en Kyle Johnson behaal.

Eindstryde

Sondag, 8 Oktober

Athlone-stadion

Vroue

11:00 – RV United t UWC

Seuns o.18

13:00 – Glendene United t Masidlale

Mans

15:00 – Two For Joy t Young Pirates

EINDE

Credit: Joseph Pillay | 082 466 3857

Leave a Comment

Start typing and press Enter to search