Two For Joy en Young Pirates veg om een been

HIER kom `n ding!

Wees gewaarsku die vonke gaan behoorlik spat want n bulstryd soos min tussen twee inspireerende elftalle Two For Joy en Young Pirates is op die kaarte wanneer hulle more (Saterdag) in die Athlone-stadion in die eindstryd van Safa Cape Town se mees prestigeryke Coca-Cola Cup-uitklopkompetisie swaarde kruis.

Dit is een kragmeting tussen twee buurspanne wat nog verlede seisoen saam in die Helderberg LFA se Premierliga gespeel en toeskouers kan hulle gereed maak vir vuurwerke en groot opwinding.

Nietemin het die klub Young Pirates hom vanjaar by die Heideveld LFA aangesluit en dit moet genoem word dat die hele Heideveld gemeenskap wat met twee busse vol supporters na die halfeindstryde in die Erica Park-stadion opgedaag het – vierkantig agter hul span van trots staan. Dis sien baie aanhangers uit na die stryd tussen Two For Joy en Young Pirates en die groot vraag om almal se lippe is: Wie van die twee elftalle gaan die wa deur die drif trek?

Die Strand-elftal is vol woema, Besit hope vaart en speel tans goeie aanvallende sokker en behoort sy teenstanders deeglik te toets.

Die Two for joy-span se troefkaarte is natuurlike Sikhumbule Sontshantsha, Bismack Ampoto, Mzimosi Kuse, Lwandile Mfihlo en Sipnosethu Bokwana.

Young Pirates sal ook `n taai stryd ophande he om Two For Joy se op-en-wakker doelwagter, Sibusiso Ndikandika te klop.

Pirates se afrigter Roger Fortune glo in sy spelers en se hy weet sy manne is bewus van die taak wat voorle en sal op sy beurt net so gevaarlike op die aanval wees.

Die Heidevelders sal egter sterk aanspraak maak op sy gevaarlike wapens in die vorm van Shamiel Ross, Thembisile SAlman, Lindsay Royston en Mthuthuzeli Matshabane om `n paar te noem om die uitklophou te plant.

Vroue en Seuns

En terwyl daar `n nuwe kampioen in die mans katogorie in die 20ste edisie van die Coke Cup gekroon sal word – sal die fokus op die twee verdedigende kampioene RV United (vroue) en Masidlale (seuns) val.

Masidlale kom teen Glendene United te staan in die seuns o.18 skouspel te staan en speel in sy derde agtereenvolgende Coke Cup-eindstryd.

Masidlale is in 2014 om die kampioenskap-titel deur Ajax Cape Town met 2-0 geklop maar kon eers verlede jaar (2015) die Coke Cup-titel teen Sporting United weens se 4-0 sege vir eerste keer wen.

Nietemin sal die kampioen RV United die voormalige kampioen UWK in die vroue se eindstryd aandurf.

Terwyl UWK wat met Cape Town Roses met 4-3 in `n riller van `n eindstryd in 2013 afgereken het, het RV United na hy in die 2014 eindstryd teen Vasco da Gama (4-2 met strafdoele,0-0) verlore het, verlede jaar finaal bekerglorie geproe toe hy Spurs Ladies met 2-0 gepootjie het.

Met dit in gedagte behoort die vrouespanne vir groot opwinding te sorg en dit is enige een se raai wie moremiddag (Saterdag) die prestigeryke Coca-Colabeker sal om hoog hou.

Nietemin het elk van die twee elftalle agt wedstryde gespeel om sy pad oop te kloof na die eindstryd.

Two For Joy het altesame 23 doele in sy wedstryde aangeteken en almal is in die normale 90-minute speeltyd gewen.

Terwyl Young Pirates wat op sy beurt 22 doele (benewens 12 penalties) in drie wedstryde strafskoppe nodig gehad het kom tot die volgende ronde deur te dring.

Die Pad na die eindstryd:
Two For Joy klop Atlantis Leeds United 3-1 (Uitdunronde); Mfuleni United 3-2 (Laaste 256); Everton United 2-0 (Laaste 128); Kuils River 4-1 (Laaste 64), Don’t Mess With Texas 3-1 (Laaste 32); SSS Academy 1-0 (Laaste 16); Citizens FC 5-2 (Kwarteindstryd); Melchester Rovers 5-1 (Halfeindstryd).

Young Pirates klop Milnerton United 3-1 (Uitdunronde); Stars United 2-1 (Laaste 256); Bellville United 2-0 (Laaste 128); Benfica (strafdoele), 3-1 (Laaste 64), Stanturf United (strafdoele) 4-2 (Laaste 32); Florentina (strafdoele) 5-4 (Laaste 16); United FC 6-0 (Kwarteindstryd); Beacon Spurs 3-2 (Halfeindstryd).

Die kampioen wenners van die vorige 19-jaar, is:

1996 – Liverpool Portland

1997 – Jamestown United

1998 – Jamestown United

1999 – Origan Spurs

2000 – Liverpool Portland

2001 – Premier United

2002 – Premier United

2003 – Leeds Lentegeur

2004 – Milano United

2005 – Premier United

2006 – Rygersdal

2007 – Woodlands United

2008 – Jamestown United

2009 – Hanover Park

2010 – JL Zwane

2011 – Central

2012 – Hanover Park

2013 – Jordan Callies

2014 – Silver Spurs

2015 – Young Idols

Die Fixtures

Saterdag, 8 Oktober

Athlone-stadion

Mans

15:00 – Two For Joy t Young Pirates.

Vroue

12:45 – UWK FC t RV United

Seuns o.18

11:00 – Glendene United t Masidlale.

*Toegang is gratis maar u sal `n kaartjie benodig wat beskikbaar is van jou LFA.

Credit: Joseph Pillay, Son-Sport

Leave a Comment

Start typing and press Enter to search